Enigiemand wat vanaf die buiteland per trein, bus, boot of vliegtuig na Nederland reis, moet 'n negatiewe korona-toetsverklaring (nie-Covid-19-verklaring) kan toon. Die kabinet het reeds verlede week die maatreël aangekondig om die risiko van besmetting en verspreiding van die korona-virus sover moontlik te beperk.