Die Europese Kommissie wil van 1 Julie af grense vir lande buite die EU op 'n beheerde wyse begin oopmaak. Die Europese Raad, waarin die lidlande verteenwoordig is, moet ’n lys opstel van lande vanwaar reisigers van daardie oomblik af na die EU kan reis.